RUGBY

CURRIEBEKER 2018
Pumas vs Griekwas
Die Curriebeker skop af met ‘n goeie oorwinning deur die Pumas op hul tuisveld teen die manne van Kimberley, en wen verspotmaklik 42-19. Die Griekwas se dissipline het hul duur te staan gekom en het hopeloos te veel strafskoppe afgestaan ou grote.
Die Pumas speel volgende op 31 Augustus om 18:00 in die Mbombela Stadion teen die WP. Die Griekwas speel die naweek teen die Leeus in Jo’burg.
Toyota Cheetahs vs Blou Bulle
In die Rosestad verloor die Blikore voor hulle tuisskare 34-12. Met rustyd was die telling weliswaar 12-7 in die guns van die Vrystaters, maar in die tweede helfte het die Bulle ander planne gehad. Die jong losskakel van die Bulle, Manie Libbok, het ‘n puik vertoning op 10 gehad en kan verseker nog vir die Bokke uitdraf in die toekoms.
Hy teken 17 van die Bulle se punte aan wat ‘n puik drie insluit.
Die Bulle speel volgende teen die Haaie in Durban en die Cheetahs moet Nuweland toe reis om teen die WP uit te draf.
Nag ou grote...
2018 RUGBY KAMPIOENSKAPPE
Australië vs Nieu-Seeland
Die eerste skote in die rugby kampioenskappe het geklap en die Aussies word die Kiwi’s se eerste slagoffers in 2018. Die Aussies was met rustyd 6-5 voor in ‘n slordige eerste helfte. Maar maat, glo my, coach Hansen en kie het die sweep behoorlik laat klap in die cloacks want die manne in swart was verwoestend in die tweede helfte.
Skitter ruggas is opgedis en die Nieu-Seelanders wen 38-13.
Die samespel tussen voor en agterspelers was hoogstaande en natuurlik die dodelike verdediging van die Kiwi’s was net een te veel vir die Aussies. Beauden Barret het gewys hoekom hy die eerste keuse op no 10 is en die yster slot Brodie Retallic was iets ysliks ou groene.
Die All Blacks en die Aussies pak mekaar op Edenpark Saterdag en o aarde, die Aussies moet ongelukkig maar opdaag en weer probeer.
Suid Afrika vs Argentinië
In Durban klop die Bokke die Jaguares 34-21 ou groene, en verdien in die proses ‘n waardevolle bonuspunt. Die Bokke se vories was puik en het die Argentyne pap geskrum. Die lynstane was egter chaoties en die Bokhaker sal wragtig hard aan sy ingooie moet werk. Nie eers teen die Aussies sal jy dit kan bekostig nie, wat nog van teen die Swart Gevaar?
Pollard se skoppe pale toe was pateties maar het egter goeie spel op 10 gelewer. In die voorhoede het yster Eben Etzebeth ‘n comeback wat die enige rigter skaal sal laat bewe het. Hy was iets ysliks en daar is verseker ‘n paar Argentyne wat hom gaan vermy in die volgende game.
Die Bokke moet nou Argentinië toe vlieg om in die Estadio Malvinas te gaan uitdraf... moeilike dag op kantoor wag op die outjies in die groen truie maat!
Nag ou groene...
