Neos Luggeweer prestasie

Thabazimbi – Op Saterdag 18 Augustus het twee broers, Botha du Plessis (links op die foto) en Janssen du Plessis (regs), saam hul jonger suster Gretchen du Plessis deelgeneem aan die Limpopo lugggeweer kampioenskappe vir die o/14 sporter afdeling te Tzaneen.
Ouboet Botha (14 jaar) en jonger broer Janssen (13 jaar) het skoonskip gemaak in al die onderskeie afdelings – en beide is weer gekies vir die provinsiale span wat gaan deelneem aan die Suid-Afrikaanse skole luggeweer kampioenskappe in Oktober te Newcastle.
Sussie Gretchen (10 jaar) het die toekenning ontvang vir die skut wat die beste vordering getoon het deur die jaar.
