Schools & sport

THABAZIMBI WEDVLUG DUIWE 

31 August 2018 · Platinum Bushvelder

THABAZIMBI WEDVLUG DUIWE 

Thabazimbi – Die duiwe het dit maar moeilik gehad vanaf Kimberley die naweek, met ‘n sterk wind wat hulle reg van voor, al die pad, gepeper het. Baie geluk aan Ad Erasmus & Seun vir ‘n mooi wen op die eerste ope wedvlug en so ook W Hydenrych op die tweede ope wedvlug.


Daar was ‘n addisionele wedvlug gevlieg vanaf Prieska, wat nie deel uitmaak van die klubwedvlugte nie, en is gewen deur Pieter Ferreira op die afstand van 701.150km met ‘n spoed van 928.040. Welgedaan Pieter!


Alhoewel Theunissen ‘n effens korter wedvlug is, met ‘n afstand van net oor die 400km, kan die wind weer die bepalende faktor wees eerskomende naweek, van wie eerste duiwe kry, en hoe hard hierdie uitsonderlike diertjies moet werk om by die huis te kom. Mag die beste duif wen!
Hiermee die volledige uitslae: 


KIMBERLEY OPE 1: Aantal duiwe: 72 | Wenspoed: 914.4631 mpm | Afstand: 496.997km
Ad Erasmus & Seun: 1, 2, 17, 18, 19, 28, 35
Pieter Ferreira: 3, 7, 8, 9, 25, 37, 38, 39
Northam Toyota (Gvr): 4, 6, 14, 16, 29, 30, 33, 34, 36
Aziscore (Sb): 5, 15
W Hydenrych: 10, 12, 13, 22, 40
Dust-A-Side (Nvdw): 11, 20, 21, 23, 24, 26, 27, 31, 32


KIMBERLEY OPE 2: Aantal duiwe: 72 | Wenspoed:  913.7029mpm | Afstand: 524.055km
W Hydenrych: 1, 2, 4, 36, 38
Ad Erasmus & Seun: 2, 4, 9, 14, 18, 19, 37
Northam Toyota (Gvr): 3, 7, 8, 13, 21, 34
Pieter Ferreira: 5, 10, 11, 12, 15, 26, 31, 32, 39
Dust-A-Side (Nvdw): 6, 16, 17, 22, 25, 28, 29, 30, 40
Aziscore (Sb): 20, 23, 27, 33, 35


KLUB KAMPIOENNE
Ad Ersamus & Seun: 808 
Northam Toyota: 793
Pieter Ferreira: 762
Dust-A-Side: 739
Aziscore: 701
W Hydenrych: 574
Cla911 (Gcs): 341
Child Seuns: 222
Nic Loubser: 178