Community

Jong kunstenaars beïndruk 

Jong kunstenaars beïndruk 

Thabazimbi – Leerders aan die Musica Con Grazia het puik presteer tydens die Kunste Eisteddfod aangebied op 14 Augustus. 


Onder leiding van mevrou Alta Eloff, het die musiekskool vanjaar 15 items vir die eisteddfod opgelewer. In geheel is daar twee A’s, 6 A+’e en 7 A++’e verwerf.

In die gemengde orkes, onder leiding van mevrou Eloff en mevrou Cecile Venter, behaal hulle ‘n A+. 

KLAVIER DUET: Agter van links: Lialette Minnaar, Lienke Minnaar (A’s), Leyandé Koekemoer en Cayden Rudolph (A+’e). Voor van links: Chante Wolmarans en Lily Janse van Rensburg (A++’e). Die tweetjies is ook aangewys as afdeling wenners. Foto’s geneem deur Louise de Beer.
KLAVIER DUET SAAM ONDERWYSER: Agter van links: Chanté Wolmarans (A++), Cayden Rudolph (A++) en Lily Janse van Rensburg (A+). Middel van links: Milandi Visser (A+), Kara Kotze (EB musiek), en Lienke Minnaar (A). Voor: Lialette Minnaar verwerf ‘n A++ en is aangewys as afdeling wenner.
BLOKFLUIT EN KLAVIER DUET: mevrou Alta Eloff en Christoff Marx, wat ‘n A++ verwerf, is ook aangewys as afdeling wenner.

 

More local news