Piet Pompies by die Koöperasie

Koedoeskop – Die Koöperasie sorg gereeld vir vermaaklikheid in die kontrei en Saterdag 18 Augustus was nie die uitsondering nie.
Piet Pompies is ongetwyfeld ‘n puik sanger – maar dit was sy verhoogpersoonlikheid het die gehoor aan die skaterlag gehad.
Die Koöperasie is bekend vir hul boere-atmosfeer en smullekker disse.
“Baie dankie aan al ons getroue ondersteuners,” aldus Marily Smit, eienaar van die Koöperasie. Vir enige navrae, gee haar ‘n luitjie by 072 368 3525.
Volgende op die Koöperasie se sosiale kalender is Anton Botha wat op 6 September kom opvoer. Die Heuwels Fantasties kom klop aan op 5 Oktober – beslis nie iets om mis te loop nie!
