Schools & sport

Welgedaan jong mans

7 September 2018 · Platinum Bushvelder

Welgedaan
jong mans

Thabazimbi -  Twee leerders aan die Hoërskool Frikkie Meyer se eerste muurbal span, Daniel Kloppers en Eduard Bisschoff, het op 4 September teen Hoërskool Menlopark se eerste span meegeding in ‘n vriendskaplike wedstryd.


Dié was waardige opponente siende dat Menlopark se eerste muurbalspan almal onder die top 20 in Junior Muurbal Noord Transvaal is en ook provinsiale afrigting ontvang. 


Daniel en Eduard is in Graad 10 en hul opponente was Graad 11 en 12 leerlinge.  Ten spyte van als wat teen hulle getel het, het hul slegs met twee punte verloor.  


Die eindtelling was 9-7 vir Menlopark.

Van links: Daniel Kloppers en Eduard Bisschoff