Community

‘n Malva lekker vergadering

‘n Malva lekker vergadering

Northam – Die Vroue Landbou Unie (VLU) Northam-tak het op Donderdag 13 September by Aandrus Kwekery in Thabazimbi gaan kuier.

Die lede het die geleentheid gehad om ongekookte malva lekkers te maak, wat later beoordeel is.

Daarna het Mari Meintjies ‘n inligting sessie gehou oor die Geelhoutboom wat aangewys is as boom van die jaar. Die dag is afgesluit deur die kreatiewe taak om gegeurde laventel sakkies te maak.

Mari Meintjes en Madeleine Meintjes met inligting oor die Geelhoutboom (boom van die jaar).
Desrè Janse van Vuuren nuut gekoöpteer sekretaresse.
Karin Swanepoel is besig om die harte reg te kry sodat die lede gegeurde laventel sakkies kan maak.

 

More local news