Hoërskool Frikkie Meyer, die plek om te wees

Thabazimbi – In die afgelope paar weke het Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) se leerlinge en personeel, laerskole in hulle omgewing gaan besoek om kennis te maak met voornemende Graad 8 leerlinge.
Skole wat deur HFM besoek is sluit in Laerskool Thabazimbi op 6 September, Laerskool Koedoeskop en Laerskool Vaalwater op 11 September, en Laerskool Bosveld op 13 September.
Die span, meneer Pierre van Jaarsveld, sportorganiseerder en bemarking; Ninette de Aguiar, openbare betrekkinge; studenteraadslede; en Ysterman, HFM se amptelike ‘mascot’, het laerskoolleerlinge trakteer met vermaak, danse, humor, uitdagings en ‘n bekendstellings-DVD.
Leerders kon eerstehandse inligting verkry oor die aktiwiteite wat HFM bied, prestasies behaal, geleenthede tot provinsiale verteenwoordiging, akademiese uitnemendheid en sosiale aktiwiteite.
