VLU Northam en Laerskool Platina plant bome

Northam – Die Vroue landbou-unie (VLU) Northam-tak het op 31 Augustus boomplantdag saam met Laerskool Platina gevier. Aandrus Kwekery het agt Waterbessiebome geskenk.
Díe bome is op die speelterrein geplant sodat daar in die toekoms meer koelte sal wees vir die kinders om in te baljaar.
