Kaskar kaperjol!

Thabazimbi – Thabazimbi Laerskool het op 19 September hulle tiende jaarlikse kaskarkompetisie gehou. Dit was ‘n fees!
Die geleentheid is aangebied ter fondsinsameling vir die skoolfonds. Die fondse wat ingesamel word, word aangewend om die skoolfonds so laag as moontlik te hou.
Groot opgewondenheid het geheers onder die kinders en hul kon nie wag om weg te spring nie. Na afloop van die kaskar resies was almal baie warm en het hulle die waterkaskenades vreeslik geniet. Selfs die graad R kleingoed het in die water baljaar!
Die Graad sewe klasse het elke jaar ‘n tema en moes ‘n dans opvoer waaruit daar ‘n wenklas aangewys word. Mnr Werner Breytenbach se klas het met die trofee weggestap!
Baie dankie aan elke ouer wat bygedra het om die dag ‘n reuse sukses te maak. Daar was nie een gesiggie sonder ’n glimlag nie!
