Broers skiet kolskoot

Thabazimbi – Díe twee broers van Neos Christian School het tydens die Suid-Afrikaanse Skole Luggeweer kampioenskappe te Newcastle, die Limpopo Provinsie verteenwoordig van 1 tot 5 Oktober.
Hulle het deelgeneem as o/14 skuts in die Sporter luggeweer afdeling. Botha (graad 8) ontvang in drie kategorieë goud en word as die o/14 SANSSU algehele kampioen aangewys. Janssen (graad 7) het algeheel in die 6de plek geëindig.
Die broers het ook in spanverband deelgeneem en vir hulle goud los geskiet. Botha en Janssen wil al hul borge bedank vir hul ondersteuning!
