2017 Superrugby Finaal

Lions vs Crusaders
In Jo’burg word Ellispark met ‘n rekord skare van 62,000 vermaak met drama van die hoogste gehalte! Nadat die Leeus die 2016 kampioene ‘n week gelede geklop het en as gunstelinge opgedraf het in die finaal, het daar ‘n wrede ontnugtering gewag.
Die Crusaders klop die Leeus 25-17 en verower vir die agste keer die Super titel. Die rooikaart wat Leeu Kwagga Smit in die 38ste minuut van die eerste helfte gekry het was fatal. Op daardie stadium van die geveg was die Saders absoluut in beheer van die game ou grote.
Daar gaan nog baie gedebatteer word langs die braaivleis vure maar die beste span het op die einde van die dag as oorwinnaars van die veld gestap. Vir Johan Ackermann was die verloor nog meer emosioneel want dit was die ou grote se laaste game as coach.
Welgedaan Leeus, om vir twee jaar agtereenvolgens in ‘n superfinaal te kon speel is ‘n groot prestasie. Swys Joubert, wat nou die leisels oorgeneem het by Akker as hoof coach, het ‘n goeie trop Leeus wat hy na 2018 kan neem en weer ‘n aanslag maak op die Supertitel.
So eindig die 2017 Superreeks dan met die naald in die rooi…
Nag ou grote!
Curriebeker Ruggas 2017
Haaie vs Griekwas – 4 Augustus
In die Haaitenk speel die Haaie kookwater ruggas en klop die Griekwas gemaklik 41-3. Vir die Haaie het Jacques Vermeulen op flank en Sibusiso Nkosi op linkervleuel uitgeblink. Die Haaie se volgende game is teen die Bulle op Fort Loftus. Die Griekwas gaan tuis teen die WP uitdraf.
WP vs Pumas – 5 Augustus
Op Nuweland klop die WP die Pumas 34-19 maar moes hard werk vir hierdie wen. Die tuisspan se skrumwerk het die deurslag gegee. Die Pumas was met rustyd 12-10 voor, maar het gesig onder druk in die tweede helfte ou grote. Die WP se volgende game is teen die Griekwas in Kimberley met sy klipharde veld. Die Pumas speel op 9 Augustus teen die Cheetahs in Nelspruit.
Blou Bulle vs Goue Leeus – 5 Augustus
Op Fort Loftus was die Blou Bulle in ‘n verwoestende bui en ransel die Goue Leeus behoorlik af ou grote. Die Pretorianers wen verspot maklik 54-22 in ‘n drieë fees voor ‘n handjie vol ondersteuners, maar was seker maar die koue weer... Die Bulle speel volgende tuis teen die Haaie met die Leeus wat ‘n loslootjie geniet.
Griekwas vs WP – 9 Augustus
In Kimberley verras die Diamantboere en laat val die WP in die groot gat ou grote! Die Griekwas wen welverdiend 44-35 en speel volgende teen die Cheetahs in Bloem met die WP wat op Nuweland teen die Bulle gaan uitdraf.
Pumas vs Cheetahs – 9 Augustus
Die Pumas het regtig kliphard probeer tot einde toe teen die Cheetahs in Nelspruit, maar moes met 45-34 die onderspit delf. Die Cheetahs is nou die enigste onoorwonne span in die reeks en speel volgende teen die omgekrapte Griekwas in Bloem. Die Pumas het volgende ‘n loslootjie.
Blou Bulle vs Haaie – 9 Augustus
Oops! Net toe ‘n mens begin dink die Bul gaan nie weer van die vloer af vreet nie, bewys hulle ons verkeerd ou grote. Op Fort Loftus klop die Haaie die Bulle 28-10 in ‘n klipharde game. Vir die Haaie was die wen smaaklik en hulle verdien dan ‘n belangrike bonuspunt. Die Haaie speel volgende teen die Goue Leeus in Jo’burg met die Bulle wat Kaapstad toe reis om teen die WP te gaan uitdraf.
Nag ou grote…
** Namens die Platinum Sport Redaksie net ‘n groot rondte van applous aan Wayde van Niekerk wat sy Wêreldtitel in die 400m suksesvol verdedig het!
