Schools & sport

Curriebeker 2017

8 September 2017 · Platinum Bushvelder

Curriebeker 2017

 


Blou Bulle vs Griekwas

Op Fort Loftus behaal die Bulle hul derde oorwinning van die seisoen en klop die Griekwas in ‘n opwindende game met 44-42. Vir die Bulle het die jongeling Manie Libbok, verlede jaar nog op die skoolbanke, uitgeblink op heelagter. Die woelwater druk drie skitterende drieë vanuit die laaste vesting. Die Griekwas het twee waardevolle bonuspunte verdien.

Die Griekwas speel volgende teen die Goue Leeus in Jo’burg met die Bulle wat ‘n loslootjie geniet.


Haaie vs Cheetahs

In die Haaitenk behaal die Haaie ‘n verspotmaklike oorwinning oor ‘n verswakte Cheetah span en wen 45-15. Die Cheetahs speel volgende teen die WP in Kaapstad. Die Haaie reis Nelspruit toe om teen die Pumas uit te draf. Vir die Haaie is Curwin Bosch weer op losskakel beskikbaar en sal die span aansienlik versterk.


Goue Leeus vs Pumas

In Jo’burg behaal die Leeus ‘n naelbyt sege oor die Pumas en wen 29-28. Groot lof moet aan die Pumas gaan wat enduit geveg het en dit met veertien spelers in die laaste agt minute. Die fris senter van die Leeus, Rohan Janse van Rensburg was kookwater en druk ook dan die wendrie vir die Leeus. Die Leeus is danksy die oorwinning steeds onder aan die punte tabel met die Haaie eerste. Die Leeus speel volgende teen die Griekwas  in Kimberley met die Pumas wat in Nelspruit teen die Haaie gaan uitdraf.

 

Nag ou grote…

 

Rugby kampioenskapsreek 2017

Nieu-Seeland vs Argentinië: 9 September, 09h35, New Plymouth
Suid-Afrika vs Australië: 9 September, 12h00, Perth


Nag ou groene…