Schools & sport

Thabazimbi spog met aspirante kunstenaars!

9 November 2018 · Platinum Bushvelder

Thabazimbi spog met aspirante kunstenaars!

Thabazimbi – Leerders van Petro’s School of Art and Gallery het op 26 Oktober hul sertifikate ontvang en die 33 studente het gepronk met hulle pragtige skeppings.

Elke leerder het twee sertifikate ontvang: een om te wys wat hulle alles in 2018 bereik het en die medium wat aangewend is; en die tweede sertifikaat dui hulle eksamenpunte aan. Van die leerders se kuns is te koop by die galery. 

Agter van links: Theusina Willemse, Petro van der Merwe, en Krit Sulairak. Voor: Christi Jordaan.