Schools & sport

Neos blink uit in boogskiet en landloop

8 September 2017 · Platinum Bushvelder

Neos blink uit in boogskiet en landloop

Thabazimbi – Op Vrydag 4 Augustus het 18 Neos studente vertrek na Ermelo om die skool te gaan verteenwoordig in SACSSA se boogskiet en nasionale landloop kampioenskappe. 

Die skool spog met uitnemende prestasies in beide boogskiet en landloop. In boogskiet het Grethen du Plessis in die o/9 meisiesafdeling ‘n silwer medalje ontvang, en Nathan Mare vir seuns o/9 ‘n brons medalje. Neos spog ook met ses landlopers wat erekleure ontvang het! 
 

Landlopers voor van links: Duan Nel, Claire van Lente, Edwin Nel en Nicolette Wessels. Agter van links: Leanne Bailey en Jansen Du Plessis.
Grethen Du Plessis met haar silwer medalje.
Nathan Mare met sy brons medalje.