Community

VLU Zonneblom-tak vier 3 jaar!

VLU Zonneblom-tak vier 3 jaar!

Setaria – Die Vroue Landbou Unie (VLU) Zonneblom-tak het op Dinsdag 16 Oktober hul maandelikse vergadering gehou en Josine Hoffman was gasvrou.  


Op hierdie dag het daar groot opgewondenheid geheers toe die groep hul derde verjaardag gevier het. Gerda Smit, voorsitter, het die lede hartlik bedank vir hulle harde werk en deursettingsvermoë.

Later het Josine Hoffman almal touwys gemaak hoe om glasbottels op te kikker met naellak.  Om deel te wees van hierdie dinamiese groep vrouens, skakel gerus vir Thereasa Tolmay, skakelbeampte by 072 544 5168.

Voor van links: Josine Hoffman, Gerda Smit (voorsitter), en Thereasa Tolmay (skakelbeampte). Agter van links: Nellie Prinsloo, Rhona Jacobs, Michelle Smit (sekretaresse), Magda Meyer (tesourier en beoordelaar), Janine de Wet, Monica Schlebush, en Sus Rohrbeck.

 

More local news