Schools & sport

HFM manne maak  skoonskip

23 November 2018 · Platinum Bushvelder

HFM manne maak 
skoonskip

Thabazimbi  – Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) se rugbyspanne het ‘n besonderse jaar gehad. Vier spanne het in die Limpopo finale gespeel waarvan drie spanne die liga wen.

Die eerste rugby span teken 394 punte aan in ses wedstryde en staan slegs 22 punte af.
Na die sukses van afgelope jaar eindig HFM drie en dertigste in die land. Dit is voorwaar ‘n puik prestasie vir HFM! 


Die jaar sal ook onthou word vir ‘n jaar waar daar nege seuns opgeneem is in die Craven Week span. Mag 2019 ook dieselfde hoogtes bereik.

HFM se eerste span. Voor van links: Z vd Berg, T Pelser, V Potgieter, P van Jaarsveld, F Bopiwe, G Grobler, en A Brand. Middel van links: M Moletsi, R Jordaan, C Rohrbech, D Coetzee, E Snyman, H Hoolgryn, W Thulare, P Viljoen, JB du Toit, E de Jager, en E van Rooyen. Agter van links: N Momabola, W Lategan, T Nemavola, N Fourie, A Buys, D Deysel, R Els, JT Cronje, en J Lynn.