Community

Die land behoort aan jou

Die land behoort aan jou

Northam – ‘Die Land’, ‘n lied spesiaal ontwikkel vir Solidariteit Helpende Hand, vorm deel van ‘die land behoort aan jou’ projek.


Die liedjie word deur bekroonde Afrikaanse sangers soos Steve Hofmeyr, Bok van Blerk, Bobby van Jaarsveld, Jay du Plessis en Ruhan du Toit gesing. 


Hierdie lied stel ‘n paar belangrike vrae rondom wat vir ons nageslag nagelaat word. Dit gee geboorte aan ‘n plegbelofte om die vlag te bly swaai en saad te bly saai in die land, want die land behoort aan almal.


Ter ondersteuning, het Solidariteit Helpende Hand se Northam Tak handtekeninge op ‘die land behoort aan jou’ vlae verkry. 


Groot en klein het saamgewerk om hierdie veldtog ‘n reuse sukses te maak.


Vir verdere inligting besoek Solidariteit Helpende Hand se webwerf by www.dielandbehoortaanjou.co.za of hul Facebook-blad. 

Aitsa! Die kleingoed het ook hul ondersteuning gewys vir ‘die land behoort aan jou’ projek. 
Build it Northam het met trots die vlag geteken.

 

More local news