Community

Thaba se verlede... Skrywe aan die Redakteur

Thaba se verlede... Skrywe aan die Redakteur

Thabazimbi – So teen 1650 bereik my voorvader oorle Oom Pofadder en sy gade Tan Kobra die Vliegepoort te perd direk uit Holland en begin ‘n klein besigheid met transport ry en eksotiese wild. 

Hulle vang swart leeus met goue maanhare en voer dit uit na Brits se Hartbeesfontein dieretuin.

Oorle oupa jaag eers witbles blou buffels teen die Kransberge op en dan val ‘n paar dood oor die kranse. Die word geslag... belle gespalk, maar gebry om soos ‘n skild te werk. Oorle ouma maak dan die velskild staan en oorle oupa jaag die leeus aan. 

Sodra hulle naby genoeg is maak oorle ouma die spul kwaad solat een storm. As hy aanval, keer sy met die skild. Leeu slaan sy naels deur die harde vel en oorle ouma is dadelik by met die hamer en klink gou die leeu se naels om... van daar klinknaels!

Sodra daar genoeg is word die spul op ‘n vlot gelaai en met n twee rigting stroom na Hartebeespoort dam opgevoer en weer met die linkerbaan stroom terug Vliegepoort toe... Sodra die Krokodil Rivier die Mogol Rivier bereik word die stroom weer eenrigting see toe.

So loop die geskiedenis van Thabazimbi... ek dink.

Oom Mamba

More local news