Community

VLU reik uit na dogters

VLU reik uit na dogters

Northam – Die Northam Vroue Landbou Unie (VLU) Northam-tak het op Dinsdag 13 November ‘n opheffingsprojek by Laerskool Platina se Graad 7 dogters geloods.

Natasha Prinsloo het die dogters meer bewus gemaak van higiëne en vrouwees. Elke dogter het ‘n emmertjie gekry met algemene sanitêre benodigdhede. 


VLU Northam wens die gemeenskap ‘n geseënde Christusfees en ‘n voorspoedige 2019 toe. Om deel te word van VLU Northam, skakel Chantell Steynberg by 061 326 2724.

Riana Oosthuizen (voorsitter) deel emmertjies met benodigdhede uit aan die dogters.

 

More local news