Churches & NGOs

Huis Immergroen sit ‘n strikkie op

14 December 2018 · Platinum Bushvelder

Huis Immergroen sit ‘n strikkie op

Thabazimbi – Kersfees lê net om die draai wat beteken dis tyd om geskenke te koop en toe te draai.

Die  span van Huis Immergroen is weer op hul pos, voor Shoprite om geskenke toe te draai en te versier.
Huis Immergroen draai al vir die afgelope vyf jaar geskenke toe oor die Kersseisoen om fondse in te samel en sodiende vir die inwoners ‘n heerlike Kersfees te verseker.

Hulle maak staat op die gemeenskap se ondersteuning om die projek ‘n sukses te maak.
Baie dankie aan Shoprite wat hierdie barmhatigheidsprojek moontlik maak.

Van links: Magda van Wyk van Immergroen se mediese afdeling; werknemer by huis Immergroen Celia Molemane; takbestuurder van Shoprite Elaine Stofberg; en koördineerder Marie Steenekamp.