Schools & sport

Thaba spog met puik krieketspelers

14 December 2018 · Platinum Bushvelder

Thaba spog met puik krieketspelers

Thabazimbi – Thabazimbi word goed verteenwoordig in die onderskeie ouderdomsgroepe vir die Limpopo provinsie se krieketspanne.


Uit die vyf Thabazimbi spelers wat gekies is vir die provinsie, spog Laerskool Thabazimbi met drie spelers en Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) met twee. Daar word slegs 12 spelers per ouderdomsgroep vir die Limpopo spanne gekies.

Charné van den Berg, Morné Pistorius, Gerdro Grobler, Marcus de Aguiar en Michael Pistorius het deelgeneem aan die Limpopo Impala kriekettoernooi van 10 tot 14 Desember.

Dit sal die tweede jaar wees wat Charné van der Berg van HFM vir die Limpopo krieketspan speel. 

Gerdro Grobler is verkies tot die o/13 span.
Morné Pistorius is verkies tot die o/15 span.