Zonneblom VLU byeen

Thabazimbi – Die Vroue Landbou Unie (VLU) Zonneblom tak het op 15 Augustus hul maandelikse vergadering gehou ter bespreking van die jaarprogram.
Tydens die byeenkoms heet die Zonneblom tak graag vir Thereasa Tolmay welkom as hul nuwe lid. Maritza Hasebroek, voorsitter, het die groep vrouens ook onder meer oor verskeie kulture ingelig by die vergadering.
