‘n Boodskap van HPG en TDLU

Northam – Thabazimbi Distrik Landbou Unie (TDLU) en Heritage Protection Group (HPG) wil graag die gemeenskap en die plaaslike Suid-Afrikaanse Polisie Dienste (SAPD) bedank vir hul samewerking deur die jaar om misdaad te bekamp.
Hulle versoek die gemeenskap om ekstra paraat te wees, aangesien misdaad die afgelope tyd geweldig toeneem.
Hulle wens almal ‘n veilige en baie geseënde Kerstyd toe en sien daarna uit om volgende jaar weer hande te vat in die geveg teen misdaad.
Die gemeenskap word ook aangemoedig om alle misdaad te rapporteer en by veiligheid en radio netwerke betrokke te raak.
