Schools & sport

100% HFM

18 January 2019 · Platinum Bushvelder

100% HFM

Thabazimbi – Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) se matrieks het op 4 Januarie hul uitslae ontvang en spog met ‘n 100% slaagsyfer vir 2018.

Uit die 162 leerders wat hul skoolloopbaan by HFM voltooi het, kwalifiseer 130 vir bachelors-toegang, 31 vir diplomas en 1 vir ‘n sertifikaat.


Tydens die Limopopo provinsiale erkenningsfunksie in Polokwane op 4 Januarie het HFM toekennings ontvang. Toekennings sluit in: sewende plek vir die aantal leerders wat kwalifiseer vir B-graad studies sowel as hul 100% slaagsyfer. 


Suné Robbertse het ook ‘n toekening ontvang vir doe beste leerder in Afrikaans huistaal en Werner Dreyer is aangewys as die beste leerder in siviele tegnologie houtwerk.


HFM weet dat hul diep afhanklik is van ons Liewe Heer en is innig dankbaar vir Sy genade en wil ook vir elke matriek van 2018 dankie sê vir hulle harde werk.

HFM matrieks spog met hul uitslae.
Van links: Werner Dreyer, HFM onderwyser; Tiaan Schmidt en Suné Robbertse.