Soladariteit Helpende Hand belê in kinders se toekoms

Northam – Solidariteit Helpende Hand (SHH) Northam-tak het op Maandag 7 Januarie sowat 400 skooltasse uitgedeel aan die Northam gemeenskap om kinders ‘n hupstoot te gee vir die toekoms.
Hierdie tassies is van hoë gehalte en sluit legkaarte, ‘n Bybel, vetkryte, potlode, gom, ‘n wit bord met penne, klei en liasseersakkies in.
Om deel te wees van Solidariteit Helpende Hand, kontak gerus vir Nickey Hamman by 083 4552 226 of Natasha Prinsloo by 076 0103 241.
