TOTSIENS AAN JAN WATER

Thabazimbi – Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) het met leedwese verneem van die afsterwe - op 10 Januarie - van Jan Swart, bekend as ‘Oom Jan Water’ en eggenoot van juffrou Christi Swart.
Oom Jan was ‘n groot vriend van die skool en het altyd sy kant gebring deur sy ondersteuning op die sportveld en terrein. HFM dra hul simpatie oor aan juffrou Christi en haar seun Arno.
