Community

ZONNEBLOM VLU MAAK REG VIR 2019

25 January 2019 · Platinum Bushvelder

ZONNEBLOM VLU MAAK REG VIR 2019

Setaria – Die Vroue Landbou Unie (VLU) Zonneblom-tak, het op Dinsdag 15 Januarie die jaar afgeskop met hul eerste vergadering vir die jaar.

Daar is sommer met die intrapslag twee nuwe lede verwelkom en die nuwe bestuur vir 2019 is aangewys.  


Die groep het met swaar harte ‘n nuwe jaar begin sonder een van die taklede, Orelia Bezuidenhout, wat op 4 Desember oorlede is.


Om deel te wees van hierdie dinamiese groep vrouens, skakel gerus vir Thereasa Tolmay, skakelbeampte by 072 544 5168.

Agter van links:  Monica Schlebusch, Janine de Wet, sekretaresse Josine Hoffman en Michelle Smit. Voor van links: Voorsiter Nellie Vosloo, Gerda Smit, Joey Koekemoer, tesourier Magda Meyer, skakelbeampte Thereasa Tolmay, sameroepster Sus Rohrbeck en Normandie de Bruyn.
Van links: Joey Koekemoer en Normandie de Bruyn.
Wyle Orelia Bezuidenhout.
Nuwe bestuur van links: sekretaresse Josine Hoffman, sameroepster Sus Rohrbeck, voorsitter Gerda Smit, tesourier Magda Meyer, en skakelbeampte Thereasa Tolmay.