Community

WIL JY DEEL VAN DIE VOORTREKKERS WEES?

8 March 2019 · Platinum Bushvelder

WIL JY DEEL VAN DIE VOORTREKKERS WEES?

Thabazimbi – Die Voortrekkers is ‘n Afrikaner jeugorganisasie wat in 1931 in Suid-Afrika gestig is met die doel om kinders meer te leer van Afrikanerskap, burgerskap en Christenskap.


Elke Woensdagmiddag van 17:00 tot 18:00 word Voortrekkers aangebied by Smartbrains. Voortrekker seuns van graad nul tot sewe word penkoppe genoem.

Dogters van graad nul tot sewe word na drawwertjies verwys en hoërskool leerders staan bekend as verkenners. Daar is ook ‘n aanvraag vir volwassenes om as offisiere op te tree.


Indien jy wil deel wees van die Voortrekkers, kontak Kommandoleier Danie Naude op 082 738 6737 vir meer inligting.