Community

Wie is daar?

25 January 2019 · Platinum Bushvelder

Wie is daar?

Northam – ‘n Ongenooide gas het op Sondag 20 Januarie sy verskyning gemaak by die tuiste van ‘n Northam inwoner.

“Ek was besig in die opwaskamer en het eers gedink dat dit die duiwe is wat so op die dak moles maak.

Ek het gaan kyk wat die bohaai is, en daar sit toe ‘n reuse likkewaan vir my sy tong en waai. Sover as Ellisras, het mense uit hul huise uitgekom om te sien wie skree so!”  het die gasvrou in ‘n onderhoud met Platinum Bushvelder gesê. 


Na ‘n ruk was dit duidelik dat die likkewaan van plan was om hulle drumpel deur te trap deur langer te bly as wat hulle gehoop het.


Hul het maar ‘n leer teen die klipmuur gesit sodat die likkewaan direk terug na die veld kon gaan sou hy besluit sy kuier is nou verby.

Die likkewaan wat in ‘n Northam woonbuurt sy verskyning gemaak het.