Schools & sport

RUGGA CHUNKS

1 February 2019 · Platinum Bushvelder

RUGGA CHUNKS

Net toe skoonma en vroulief begin plannetjies maak vir die nuwe groentetuin in 2019, het pappa en kie die braaier in die lapa die hoofprojek gemaak ou grote!


‘n Lekker voorsmakie van die 2019 Superseisoen word die naweek in Kaapstad geproe met die vriendskaplike games in die SuperHero Double Header waar die Lions teen die Haaie uitdraf en daarna die Bulle teen die Stormers.


Die Stormers se Fleckie het laat val dat hulle fun en sports gaan hê teen die Bulle. Uit die Bulkamp kan egter afgelei word dat hulle die game redelik ernstig opneem en het agt Bokke ingesluit. Duane Vermeulen, gewese liefling seun van Kaapse rugby kan beslis nie ‘n verwelkomingspartytjie in Kaapstad verwag in sy blou gewaad nie. Vir die Bulle het hulle beseringsbank oopgemaak met RG Snyman wat vir ses tot agt weke buite aksie sal wees.


Die besering laat juis ‘n wrang smakie in Bloubulland want die gewese Blou Bul slot, Paul Willemse, is ingesluit in die Franse se beginspan teen Wallis met die afskop van die Ses Nasie Reeks in Europa.
In die Leeukamp is coach Swys de Bruin heel in sy noppies met hulle vordering tot dusver en voel glad nie bekommerd dat hulle verlede naweek teen die Bulle 21-17 verloor het nie. 


Daar doer onder het hulle ook maar hulle eie probleme. Sam Cane is vir die eerste helfte van die reeks verlore vir die Chiefs.


Meer positief is die terugkeer van Adam-Ashley Cooper wat vir die Waratahs gaan diens doen.
En toe maak die blitsbokke weer skande in Wellington en eindig vierde. Philip Snyman en coach Powell sal moet besin oor spankeuses en die toets en passie is nog nie daar nie.
Nag ou grote...