Community

TLU nooi jong boere om saam te staan

1 February 2019 · Platinum Bushvelder

TLU nooi jong boere om
saam te staan

Modimolle – Jong boere onder die ouderdom van 40 word vriendelik uitgenooi na die Transvaal Landbou Unie (TLU) se 2019 nasionale jongboerkonferensie.


Die konferensie vind plaas op 22 Februarie te Weesgerus buite Modimolle. Die tema is tyd vir saamstaan.


Toegang vir lede is gratis en R150 vir nie-lede. Bespreek voor Woensdag, 13 Februarie, op TLU se webwerf. Vir enige navrae skakel Runel Matthews op 012 804 8031.