Schools & sport

HFM sportmanne op dreef

15 September 2017 · Platinum Bushvelder

HFM sportmanne op dreef

 

Thabazimbi – Die Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) manne en manninne kwyt hulself baie goed van hul taak.

HFM KRIEKET: HFM vs Warmbad  

Die HFM krieket spanne het op 13 September deelgeneem te Warmbad. HFM kolf eerste en maak 213 lopies vir die verlies van 2 paaltjies in 25 beurte. Nimroe Lategan maak 90 nie uit nie, Devoux Deysel 56 en Gareth Meyer 38. HFM boul Warmbad uit vir 93 en wen met 120 lopies. Gareth Meyer vat 4 paaltjies vir 8 lopies, Gerdus Botha 3 vir 12 en Dewan Deysel 2 vir 12.

By die o/15’s het Warmbad onttrek en punte gestuur. Dus is die o/15 liga klaar met Ellisras die wenners, wat deurgaan na die finaal.

HFM GIMNASTIEK

Drie HFM leerders kwalifiseer vir die Limpopo Artistiese Gimnastiek Kampioenskappe op 9 September. Naomi Campbell kwalifiseer in vlak 5, Jo-Lize Butler in vlak 7 en Gerhard Snyman in vlak 6. Jo-Lize is die enigste meisie in Limpopo wat op vlak 7 deelneem!

Tydens díe kompetisie kan leerders kwalifiseer vir die SA kampioenskappe wat in Oktober sal plaasvind.

HFM KRIEKET: HFM vs Hans Strijdom  

Op 9 September speel die o/15 krieketspan teen Hans Strijdom. HFM boul eerste en haal die Hansies uit vir 80 lopies.

Die beste bouler is PJ Bezuidenhout met 5 paaltjies vir 22 lopies. Hy word goed ondersteun deur Courtney Namakupye wat 2 paaltjies vir 8 lopies neem. HFM gaan kolf en behaal ‘n totaal van 84 lopies in die 12de beurt. PJ Bezuidenhout blink uit met die kolf en slaan 39 lopies van 18 balle, nie uit nie, en Craig Erasmus dra ook by met 25 lopies.

Die Eerstes kry punte om Ellisras geen span het nie, en is dus onoorwonne in die liga.