Community

Kunstenaars beïndruk

Kunstenaars beïndruk

Thabazimbi – Tydens die Kunste Eisteddfod op 15 Augustus het Christopff Marx as algehele wenner die kitaarafdeling gewen. Hy het A++ vir sy solo ontvang. Michayla Els en Christoff Marx het ook A++ ontvang vir hulle kitaarduet.

Kiano Soares het A++ vir sy blokfluit en A vir sy solo as beginner ontvang.

In totaal het die res van die leerders vir kitaar, klavier en blokfluit solo’s, drie A+, sewe A’s en twee B+’e ontvang onderl eiding van mevrou Elize Bezuidenhout.

Die groep bedank Rita Volshenk van die KunsteGrot vir al haar opofferings en reëlings.
 

Van links: Elize Bezuidenhout en Kiano Soares

 

Van links: Michayla Els, Elize Bezuidenhout en Christoff Marx

 

More local news