Northam Vetvee Veiling

Northam – Op Woensdag 6 September het die Northam Boerevereniging vergader. Verskeie sake is aangeraak, onder andere die vetvee veiling wat op 20 September sal plaasvind by Northam Boerevereniging.
Hierdie vetvee veiling is Boernor en Vleissentraal se veiling. Donasies of skenkings is baie welkom. Mari Meintjes sal reël dat trofees wel beskikbaar sal wees sowel as sertifikate.
Verder bly veiligheid ‘n baie groot riem onder die hart en Bertie van Rooyen is aangewys as die nuwe veiligheid verteenwoordiger in hierdie omgewing. Die boere was vinnig eens dat hulle Bertie ten volle sal bystaan.
Die jaareindfunksie se reëlings sal bevestig word. Na die verrigtinge het almal weer lekker sosiaal verkeer om ‘n vuurtjie.
