VLU Northam gaan groen

Northam – Die Vroue Landbou Unie (VLU) Northam-tak het op 21 Februarie hul maandelikse vergadering gehou. Lede is gewys hoe om uit inkopiesakke herwinbare hekelgaring te maak.
Die VLU se tema vir 2019 is ‘My Omgewing’ en VLU Northam poog om afval soos plastieksakke en plastiekbottels op te ruim in hul omgewing. Inligting oor gehekelde krale-doilies en kniekomberse is ook gedeel tydens die vergadering.
Om deel te wees van die dinamiese groep vrouens, skakel Chantell Steynberg op 061 326 2724.
