Thabazimbi – Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) het op Vrydag 1 Maart hul jaarlikse swem interhuis gehou.
Tydens die geleentheid het die wit, rooi en blou spanne teen mekaar meegeding vir die titel.
Die wit span het in eerste plek geëindig met 416 punte, die rooi span tweede met 340 punte en derde was die blou span met 271 punte.
Van links: ZW Piennaar en Selkirk von Wielligh.
Agter van links: junior victor ludorum Tristan Brits, swemafrigter Frank Lottering en senior victor ludorum Henko van der Linde. Voor van links: swemorganiseerder Michelle Johnston, junior victrix ludorum Kristin Lottering, senior victrix ludorum Wilmien Schutte en HFM skoolhoof Collin Campbell.