/home/f3782876/public_html/includes/header-articles.php on line 128
">
Onder die Apiesdoringbome:
Karnaval vier Bosveld-vreugde in styl
THABAZIMBI – Saterdag, 9 Augustus 2025, het die Apiesdoring Karnaval die dorp se hart laat klop soos net die Bosveld kan. Vanaf vroegoggend het die terrein by die Hervormde Kerk Vliegepoort gelag, geleef en geleef onder die skadu van die bekende apiesdoringbome. En die beste deel? Ingang was gratis – ’n uitnodiging vir almal om deel te wees.
Met ’n kombinasie van geurige kosstalletjies, vrolike kuierplekke, kindervermaak, musiek en ware gemeenskapsgees, het die dag soos ’n liefdesbrief aan Thabazimbi gevoel. Juanita du Plessis en Ruhan du Toit het die verhoog laat skitter en menigte voete laat dans, terwyl gratis Wi-Fi verseker het dat selfs die sosiale media vol Bosveld-vreugde kon wees.
Hierdie dag was nie net ‘n karnaval nie, dis ‘n herinnering aan pure Bosveld-hartlikheid en die wonderlike gemeenskap van Thabazimbi.
Main photo: Glimlagte en stofspore – jong feesgangers wys hul 4-wielvaardighede met pure pret.
© 2025 - All Rights with Platinum Bushvelder