/home/f3782876/public_html/includes/header-articles.php on line 128
">
Mini-hokkie bring groot glimlagte!
Thabazimbi – Laerskool Thabazimbi se sportvelde was op Saterdag, 6 September 2025, vol energie toe jong spelers die jaarlikse Mini-Hokkiedag bywoon.
Skole soos Laerskool Ellisras, Bosveld, Warmbad en Koedoeskop het deelgeneem, en van die eerste fluitjie af was dit ’n fees van spanwerk en pret.
’n Groot dankie aan Wimpy Thabazimbi wat die dag moontlik gemaak het. Met hierdie suksesvolle afsluiting van die seisoen sien almal nou reeds uit na volgende jaar se hokkie-hoogtepunte.
Mini-hokkie het nie net oor wen gegaan nie, maar oor saam speel en geniet.
(Foto: Zenei van der Berg)
© 2025 - All Rights with Platinum Bushvelder