/home/f3782876/public_html/includes/header-articles.php on line 128
">
Articles
Sport & School News
03 October 2025

Thabazimbi – Op Woensdag, 24 September 2025, het Hoërskool Frikkie Meyer met trots die 61ste Bosveld Interhoërswemgala aangebied. Swemmers van Hoërskool Nylstroom, Hoërskool Ellisras, Hoërskool Piet Potgieter, Hoërskool Hans Strijdom, Hoërskool Ben Viljoen, en Hoërskool Frikkie Meyer het mekaar se kragte getoets in ’n dag vol energie en gemeenskapsgees.

Die kompetisie was uiters styf, met elke span wat weke lank hard geoefen het. Uiteindelik het Hoërskool Piet Potgieter die louere ingepalm en die groot trofee huis toe geneem met ’n algehele telling van 1,755 punte. Net agter hulle, op die 2de plek, was Hoërskool Ben Viljoen met 1,655 punte, en in 3de plek het Hoërskool Ellisras met 1,649 punte gespog – ’n besonder naby stryd vir die podiumplekke.

Vir die Frikkies was dit ’n spesiale geleentheid om die jaar se Interhoër-reeks af te sluit – en ook ’n kans om hul eie span se harde werk te vier. Die dag is afgesluit met medaljes, trofeë en ’n gevoel van eenheid wat die gees van interskole-sport perfek weerspieël. Volgende jaar kyk almal uit na die 62ste Bosveld Interhoër, wat by Hoërskool Ellisras aangebied sal word.

Share this article with a friend...