/home/f3782876/public_html/includes/header-articles.php on line 128
">
BMO Gholfdag
’n Groot Sukses vir Thabazimbi se Gemeenskap
Thabazimbi – Die jaarlikse Bosveld Misdaad Ondersoeke (BMO) gholfdag, wat op 6 September 2025 vir die vierde keer by die Thabazimbi Gholfklub aangebied is, was weer ’n groot sukses. Met 108 gholfspelers en die ruim ondersteuning van talle borge, het die dag nie net vermaak en gemeenskapsamewerking gebring nie, maar ook broodnodige fondse ingesamel.
BMO is ’n nie-winsgewende organisasie toegewy aan die bekamping van plaasaanvalle, moorde en stropery deur die bevordering van suksesvolle vervolgings en vonnisopleggings.
Onder leiding van oud-SAPD Kolonel Sakkie Louwrens beskik die organisasie oor unieke kundigheid en ervaring, wat dit moontlik maak om saam met die polisie ernstige misdade te ondersoek – soos die onlangse Ohrigstad-moorde – en te help om suksesvolle vervolgings en vonnisopleggings te verseker.
Die gholfdag was moontlik danksy die ruim bydraes van die borge insluitende AB Labour Services, Bertie Joubert Eiendomme, Candi Solar, Ford Thabazimbi, Ingwe Waste Management, Kransberg Auto Spares, MEGS Ysterberg, Northam Toyota, Numzaan Safaris, Onika Leather, Panarottis Thabazimbi, Victor Potgieter Makelaars, Ultra Liquor Thabazimbi, Wesbank, WestPack Thabazimbi, en vele meer.
“Die ondersteuning van ons gemeenskap maak hierdie belangrike werk moontlik,” sê Sakkie Louwrens, direkteur van BMO. “Namens die BMO-direksie, insluitend Anton Barnard en Victor Potgieter, wil ek ons opregte dank uitspreek aan elke borg, deelnemer en ondersteuner. Julle dra direk by tot ’n veiliger toekoms vir ons gemeenskap.”
Main photo: Lenro Anley (Northam Toyota)
© 2025 - All Rights with Platinum Bushvelder