/home/f3782876/public_html/includes/header-articles.php on line 128
">
Articles
Headline News
10 October 2025

Thabazimbi – In ware Aurum Drome-styl het Hoërskool Frikkie Meyer se hoofseun HW du Plessis en hoofdogter Elri Geldenhuys net voor die matriekafskeid op Vrydag, 3 Oktober 2025, aan ’n elegante fotosessie deelgeneem – ’n goue voorspel tot ’n aand vol glans, musiek en herinneringe.

Elri se rok, ontwerp deur Carike Nel, was ’n ware dromerige meesterstuk. Sy beplan om volgende jaar BCom Regte te studeer, terwyl HW sy pad in Landbou gaan volg.

Die matriekafskeid se tema, Aurum Drome, dra ’n diep simboliek: “Aurum” is Latyn vir “goud” – saam dui dit op goue drome, oftewel voorspoed, seëninge en ’n blink toekoms.

Die gr. 11’s en hul ouers het die aand met groot sorg en styl aangebied. Elke element – van die dekor tot die kos en musiek – het bygedra tot ’n betowerende afsluiting van die matrieks se skoolloopbaan.

Nou volg die finale matriekeksamen – baie sterkte aan al HFM se matrieks met die laaste voorbereiding!

Foto: Hoofseun HW du Plessis en hoofdogter Elri Geldenhuys – stylvol en stralend tydens hul Aurum Drome-fotosessie.

 

 

Share this article with a friend...