/home/f3782876/public_html/includes/header-articles.php on line 128
">
Articles
Headline News
23 January 2026

Platinum Bushvelder koerant | Thabazimbi – Ons Winkel Thabazimbi het rede om fees te vier nadat die winkel op 4 Desember 2025 tydens ’n toekenningseremonie in Pretoria met twee gesogte wisseltrofees bekroon is. Die toekennings – Beste Omsetgroei per Kategorie en Vordering in Limpopo – is vir die eerste keer aan die Thabazimbi-tak toegeken sedert die winkel sy deure in 2022 geopen het. Die prestasie beklemtoon nie net die winkel se groei nie, maar ook die sterk ondersteuning vanuit die plaaslike gemeenskap.

Die winkel, wat in Rietbokstraat 3, langs OK Meubels geleë is, word sedert 1 Maart 2024 deur eienaar Ancia Sieberhagen bestuur. Sy skryf die sukses direk toe aan die mense van Thabazimbi en omliggende gebiede. “Ek wil graag die Thabazimbi-gemeenskap en omliggende gebiede uit die diepte van my hart bedank,” sê Sieberhagen. “Sonder julle ondersteuning sou Ons Winkel Thabazimbi nie hierdie pragtige toekenning ontvang het nie. Hierdie prestasie behoort net soveel aan julle as aan my. “Ek wil ook graag my opregte dank aan die Here betuig vir die geleentheid wat Hy my gegee het. Sonder Sy genade en leiding sou ek dit nie kon vermag nie.”

Benewens hul groei en erkenning, speel Ons Winkel Thabazimbi steeds ’n belangrike rol in die gemeenskap. Die winkel is tans op soek na skenkings van mans- en kinderklere, gordyne en beddegoed. Vir meer inligting of om ’n bydrae te maak, kan belangstellendes 083 350 9307 skakel.

Photo: Ancia Sieberhagen, eienaar van Ons Winkel Thabazimbi, met die twee wisseltrofees vir Beste Omsetgroei per Kategorie en Vordering in Limpopo – ’n mylpaal wat die krag van gemeenskapsamewerking weerspieël.

Share this article with a friend...