/home/f3782876/public_html/includes/header-articles.php on line 128
">

Van Erts tot Yster!
Platinum Bushvelder koerant | Thabazimbi – Die HFM-Ertsies van Hoërskool Frikkie Meyer het op 16 en 17 Januarie 2026 aan ’n vrolike en betekenisvolle inburgeringsprogram (ontgroening/ inlywing) by die skool deelgeneem.
Die Studenteraad (SR) het met groot toewyding ’n reeks prettige en samebindende aktiwiteite aangebied om die Ertse te help om mekaar beter te leer ken, nuwe vriendskappe te bou en as ’n hegte groep saam te groei. Die program was propvol aksie – daar is gehardloop, geswem, gespeel en natuurlik heerlik geëet. Die inburgering het nie net vir baie pret gesorg nie, maar ook ’n stewige grondslag gelê vir samehorigheid, skooltrots en dissipline. Die Ertse word reeds gelouter en gesmee om met selfvertroue hul pad as Ysters aan te pak.
’n Besondere woord van dank gaan aan die SR en die koshuispersoneel vir hul harde werk en betrokkenheid wat hierdie inburgering so suksesvol en onvergeetlik gemaak het.
Photo: Van die HFM-Ertsies tydens die 2026-inburgering by die skool – glimlagte, spanwerk en groot gees toe hul hoërskoolreis amptelik begin het.
© 2026 - All Rights with Platinum Bushvelder