Die skoendief
Vir die afgelope paar maande het daar ongeveer 60 pare velskoene uit ‘n skoenfabriek weggeraak. Na verdere ondersoek is ‘n patroon vasgestel en elektroniese toerusting was opgerig om die fabriek te monitor.
SA – South Africa, are you ready? Entries for the 2021 Championship Boerewors Competition are finally open! Braai chefs, meat-lovers, and boerie-whisperers: tie your aprons and light the grill – the search for South Africa’s Champion Boerewors has begun!
Northam – Arthur Ford is a high-quality brand of fragrances, cosmetics, personal care products, and most recently… the new health brand, Sēkret Health.
Northam – Aitsa! Catelyne Coetzee is ‘n 18-jarige matrikulant wat haar eie besigheid geopen het op Dinsdag 4 Mei, genaamd Boekkekoffie. Sy sê die ekstra klinker is net vir pret. “Ek is deur ‘n vriendin geinspireer wat haar pa gehelp het om koffie te verkoop uit hul ‘koffie waentjie’. Daar het die gogga gebyt! Ek voel daar is ‘n mark vir dié tipe besigheid in Northam,” aldus Catelyne.
Diederik Johannes Koekemoer, beter bekend as Hannes, is op Maandag 31 Mei op die ouderdom van 42 oorlede.
Hannes is op 20 Maart 1979 hier in Thabazimbi gebore. Hy het sy laerskool loopbaan by Laerskool Thabazimbi voltooi en sy hoërskool loopbaan by Hoërskool Frikkie Meyer waar hy in 1997 matrikuleer het.
Hy het in 1980 saam met pa Dirk Koekemoer en ma Joey Koekemoer as ‘n vakleerling Bosveld Paneelkloppers begin waar hulle hand aan hand die gemeenskap se voertuie herstel het. In 2015 na sy pa se afsterwe, het Hannes as aandeelhouer met die besigheid aangegaan tot die gevestigde besigheid wat dit vandag is.
Hannes was, is, en sal altyd ‘n bekende wees in Thabazimbi... veral as die bokslag kampioen van die Wildsfees waar hy ‘n rooibok kon afslag in 40 sekondes.
Hannes laat sy twee kinders DJ en Antoinette saam met sy ma, twee susters, en twee swaers agter.
‘n Deurry eerbetoning vind op Vrydag 4 Junie plaas te Van der Bijl straat 3 by Bosveld Paneelkloppers se hek vanaf 11:00 tot 13:00.
Is u ‘n vriend, kennis, kliënt, verskaffer, kerkraadslid, jagmaat of het jy vir Hannes net van ‘n afstand af geken en wil graag eer betoon aan sy kinders en moeder wat hy agtergelaat het? Indien jy nie by die roudiens self sal wees nie – kom maak ‘n draai, bring iets saam wat jou aan laat dink – ‘n klippie, patroondoppie, bierproppie, grappie, blom, of ‘n foto met jou naam op die agterkant. Alles word vir sy kinders gebêre ter nagedagte aan hulle pa. Al ry u net verby en blaas op u toeter. Die familie sal u van agter die hekke groet.
Die formele inry roudiens vind dan op 9 Junie om 10:00 plaas vanuit die Nederduits Hervormde Kerk Vliegepoort. Ons vra dat u as gevolg van Covid-19 te alle tye in u voertuig sal bly en die reëls nakom. Die radio frekwensie sal voorsien word.
Jacques Labuschagne, ‘n geliefde Thabazimbi inwoner, is op Sondag 22 Mei oorlede. Hy sal altyd as ‘n man by wie jy enige tyd kon aanklop vir raad onthou word. Hy was lief vir gholf en visvang .
Jacques los ‘n vrou en drie kinders agter. Aldus sy vrou Angelique Labuschagne: “Jacques, ons gaan jou vreeslik mis. Jou plekkie is leeg. Rus sag, my man. Ons sien jou eendag weer. Ons is lief vir jou.”
Jacques se roudiens het plaasgevind op 1 Junie vanuit die Hervormde Kerk Thabazimbi.
Thabazimbi – Die area rondom Frikkie Meyer straat en 10de laan stink! Daar is ‘n dam rioolwater wat oorborrel en in die straat afloop. Dit kan beslis nie gesond wees nie en ek wil nie eers weet watter siektes broei op die oomblik daaruit nie. Selfs dalk Covid-19? Kom nou munisipaliteit, doen graag dít waarvoor ons julle elke maand so mooi betaal! - Sienie ruik iets stink
GROW WITH YOUR COMMUNITY
Be seen where you belong.
Reach local readers with a website advert, a newspaper placement or a campaign across our platforms.