Headlines

‘n Jolige klomp by die Bosveldmark

15 March 2019 · Platinum Bushvelder

‘n Jolige klomp by die Bosveldmark

Northam – Die Bosveldmark is op 9 Maart gehou by Die Dorsmasjien. Die stalletjiehouers het die familiedag ‘n reuse sukses gemaak. 


Ouers het ontspan terwyl die jongklomp besig gehou is met speletjies, inkleur en motorfiets ry.  
Daar was weereens ‘n verskeidenheid stalletjies en jy kon selfs jou hare laat sny by Zenobia van salon Hair Image. Memory Lane van Thabazimbi het ook die geleentheid aangegryp om aan die mark deel te neem.

‘n Baie opgewonde Lizelle Gagiano van Lulu’s Party Box vertel in ʼn onderhoud met Platinum Bushvelder: “Ek is ‘n nuwe inwoner van Northam, ek het al redelik wyd gereis. Ek het dadelik ‘n behoefte in Northam raakgesien om die gemeenskap by die prettigheid te betrek.

Ouers werk hard werk en het ook ‘n breek nodig. Ons is baie opgewonde, want op 6 April hou ons ‘n kaskarkompetisie. Ek daag besighede uit om betrokke te raak.

Northam Toyota en Obaro is reeds betrokke; ons is ook besig met die skole en omliggende besighede. Ons wil Die Dorsmasjien vava voom maak! Ek wil elke besigheid uitdaag om te sien wie die grootste borg kan wees!” 


Terzius Jansen en Monique Theunissen het al die pad van Rustenburg af gery om die Bosveldmark by te woon. “Dit is regtig lekker in die bosveld, en om so iets by te woon en net rustig te kan verkeer – weg van die stad af – is vir ons baie ontspannend,” sê Terzius.


“Ons doel met hierdie mark was om kwaliteit familietyd te skep,” sê bestuurder van Die Dorsmasjien Hanro Liebenberg. Die dag was ‘n reuse sukses en met die Country Dance het die gemeenskap tot laat lekker saamgekuier. 

Jan en Magda Moolman by hulle boerewors stalletjie.
Lizelle Gagiano by haar prettige Lulu’s Party Box stalletjie.
Bestuurder van Die Dorsmasjien Hanro Liebenberg.
Terzius Jansen en Monique Theunissen.
Natasha Prinsloo, Lisa Motau, Marline Nieman en Bongani Kgase. Voor van links: Mpopi Mosito, Lizelle Gagiano en Lize-Marie Geldenhuys wat prettig  aangetrek.
Lees meer op bladsy 4.