Headlines

Trokongeluk eis ‘n lewe

12 April 2019 · Platinum Bushvelder

Trokongeluk
eis ‘n lewe

Thabazimbi – ‘n Trokdrywer oppad vanaf Botswana, se reis het noodlottig geëindig op die R510, Warmbadweg in Thabazimbi op 8 April.


Die drywer, Joshua Kusekwa was oppad na Alberton om ‘n vrag te gaan aflaai toe die ongeluk gebeur het. Joshua is in die ongeluk oorlede en laat sy twee vrouens, 13 kinders en vyf kleinkinders agter. Sy begrafnis sal plaasvind in Botswana. 


In ‘n onderhoud met Platinum Bushvelder het Piet Takadi van Thabazimbi verkeersdepartement gesê die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.


Dit is die tweede ongeluk vir 2019 op dieselfde plek. In 2018 was daar ses ongelukke op hierdie plek en elke keer het al die insittendes die ongelukke oorleef. Hierdie was die eerste noodlotigge ongeluk.

       Die ongelukstoneel.
Die trok het op sy sy te lande gekom.
Die verfrommelde trok na die ongeluk.