Die Voetspoorfees is om die draai!

Thabazimbi – Vanjaar vind die Voetspoorfees op Woensdag 1 Mei by die Thabazimbi skougronde plaas en die organiseerders beoog om dit die beste Voetspoorfees ooit te maak!
Die Voetspoorfees begin om 10:00 die oggend. Dit is ‘n openbare vakansiedag, dus kan u eers bietjie later slaap vóór u ontbyt by die fees kom geniet. Pap en kaiings is jaarliks in groot aanvraag en is vanjaar ook weer op die spyskaart – saam met vetkoek en maalvleis en natuurlik pannekoek!
Daar is soveel speletjies om oud en jonk besig te hou, ‘n reuse veerpyltjie bord, muurklim, sumo klere vir die stoeiers, ‘n meganiese bul, ‘n meganiese branderplank en ‘n dam met trapbootjies.
Kom geniet die dag, gesels met ou kennisse oor ‘n koppie koffie of cappuccino en bring die familie. Toegang is gratis.
