‘n Putjie gholf voor die son water trek

Thabazimbi – Met ‘n hoed op die kop en ‘n gholfstok in die hand, het sowat 70 spelers op 23-24 September die Amandelbult Gholf Opedag aangedurf. Vir die sestiende jaar pronk Amandelbult Golfklub met híérdie suksesvolle tradisie!
“Ek bedank al ons borge hartlik sowel as almal vir hul bydraes wat die dag ‘n reuse sukses gemaak het,” sê Tim Clark aan die Platinum Bushvelder koerant.
Die wenners van die dag was as volg:
Saterdag:
- Eerste plek: Ryno van der Berg (47 punte)
- Tweede plek: Selby Gabela (43 punte)
- Derde plek: Hugo du Toit (43 punte)
Sondag:
- Eerste plek: Xander Bosse (43 punte)
- Tweede plek: Tallies Sadler (42 punte)
- Derde plek: Tim Clark (39 punte)
Algehele Wenners:
- Eerste plek: Ryno van der Berg (82 punte)
- Tweede plek: Hugo du Toit (81 punte)
- Derde plek: Tallies Sadler (77 punte)
