Headlines

Oud Neos hoofseun- PUK top presteerder

2 October 2017 · Platinum Bushvelder

Oud Neos hoofseun- PUK top presteerder

Thabazimbi/ Potchefstroom – Johan van Deventer, voormalige hoofseun van Neos Christelike skool, is pas deur die Noord-Wes Universiteit van Potchefstroom aangewys as die top honneurs student vir sy graad as Geoktrooieerde Rekenmeester op 18 September.

Johan het sy skoolloopbaan in 2013 by Neos voltooi en was een van die top 10 matrikulante in Suid-Afrika. Hy was ook die top student in Limpopo met sy 10 onderskeidings in bg. jaar. Johan is ‘n merkwaardige student wat ‘n gebalanseerde jongmens lewensuitkyk het. Hy het op skool ook uitgeblink op kulturele sowel as sportgebied. 

Van sy hamergooi rekords staan steeds in Limpopo sowel as by SACSSA. 

Met sy toekenning as top student uit bykans 180 ander Geoktrooieerde Rekenmeester honneursgraad studente, het hy ook ‘n ABSA toekenning losgeslaan.

Tydens ‘n oproep wat Mnr. le Roux, hoof van Neos, aan Johan gemaak het ter gelukwense, was Johan se nederige, beskeie reaksie: “Dankie oom André, dit is maar net genade en dankie vir oom se oproep!”

Die gemeenskap is nie net trots op hierdie pragtige, jong boerseun nie, maar is saam met hom in nederigheid dankbaar dat hy sy Godgegewe talente en potensiaal maksimaal benut. Welgedaan Johan!

Johan van Deventer (links)